| Kontant laat hitstjorre nog vinniger jaag |
|
|
|
|
Renjaers kan eerskomende naweek vir die eerste keer uitsien na prysgeld wanneer hulle die Polokwane ovaalbaan aan die brand gaan jaag. Die 1600 gemodifiseerde, 2.0L gemodifiseerde, hitsmotors, stockrods, beginners, super sedans en dwergmotors sal toeskouers op die punte van hulle stoele hou. Renjaers kan nie uitgepraat raak oor die feit dat prysgeld vir die eerste keer in Polokwane se geskiedenis gewen kan word in die 1600 gemodifiseerde, 2.0L gemodifiseerde en hitsmotorklasse nie. Die prysgeld vir elkeen van die drie klasse is R10 000 per jaer wat eerste oor die wenstreep jaag. Piet Venter, die organiseerder van Polokwane Ovaal, sê jaers van so ver as Welkom het hulle inskrywings bevestig, asook jaers van Gauteng. "Die jaers wat van ander stede af kom is gretig om die geld te wen maar die Polokwane manne sê hulle moet eers verby die plaaslike ryers kom," glimlag Venter. Die stockrodklas gaan ook ‘n groot trekpleister wees aangesien die wintertrofee ‘n oefenronde vir die nasionale kampioenskappe is wat op 6 November in Polokwane aangebied word. Polokwane Ovaal het self 23 motors wat in die stockrodklas deelneem en die jaers van Gauteng sal Saterdag die totaal op 30 motors te staan bring. Die Polokwane Ovaal se hekke open om 12:00 as gevolg van die koue weer en die motors begin om 15:00 brul. Ingang beloop R40 vir volwassenes en R10 vir kinders. Verversings sal soos gewoonlik te koop aangebied word. Vir meer inligting skakel Piet Venter by (015) 293 0271 of 083 629 8444. Rita Janse van Vuuren
Only registered users can write comments!
Powered by !JoomlaComment 3.26
3.26 Copyright (C) 2008 Compojoom.com / Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved." |
||||||||
| < Prev | Next > |
|---|