• Narrow screen resolution
  • Wide screen resolution
  • Auto width resolution
  • Increase font size
  • Decrease font size
  • Default font size
  • default color
  • red color
  • green color

Limpopo Informant

Wednesday
Sep 08th
Home arrow Sport arrow Sport arrow G’N HINDERNIS IS TE MOEILIK
G’N HINDERNIS IS TE MOEILIK PDF Print E-mail

Image
Meganiese pret. Drikus en Lisa Kruger het Saterdag deelgeneem aan die Pietersburg 4x4-klub se interklubkompetisie.
 
Image
Nog te jonk vir ‘n lisensie. Die 14-jarige André Venter was derde in die gemodifiseerde klas tydens Saterdag se interklubkompetisie.
 

 

Plaaslike deelnemers aan Pietersburg 4x4-klub se  interklubkompetisie wat Saterdag in Polokwane gehou is, het seker gemaak die besoekers loop nie maklik met ‘n wen weg nie.
Deelnemers uit Louis Trichardt en Tzaneen het ook hul vernuf  in die standaard-, gemodifiseerde- en super gemodifiseerde klasse kom wys.


In die standaardklas het At Botha van Mokopane met ‘n totaal van 852 punte gewen. Peter du Preez van Polokwane was tweede met 790 punte en Hannes Barnes van Louis Trichardt derde met 574 punte.
In die gemodifiseerde klas het Izak Strydom van Polokwane die hindernisbaan soos kinderspeletjies laat lyk met ‘n totaal van 740 punte. Riaan Grobler van Polokwane was kort op sy hakke in die tweede plek met 708 punte en die tiener André Venter van Polokwane was derde. Dié 14-jarige het die derde plek met ‘n totaal van 640 punte verower. "Ek het tydens die prysuitdeling rondgestaan en gewonder of ek ‘n prys sou wen, my hart het opgewonde geklop toe ek uitgeroep is as derde plek pryswenner," sê Venter. Die super gemodifiseerde klas het vir brullende pret gesorg en Peter Landman van Polokwane het met 830 punte gewen. Wikus du Randt ook ‘n plaaslike jaer, het ‘n tweede plek verower met 812 punte en Leon Uys van Polokwane was derde met 520 punte.
Die voorsitter van die Pietersburg 4x4-klub Faatjie Smit sê die kompetisie was ‘n groot sukses en die plaaslike deelnemers het beslis die besoekers harde bene laat kou.

Tracy Holmwood

Comments
Search
Only registered users can write comments!

3.26 Copyright (C) 2008 Compojoom.com / Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

 
< Prev   Next >

Polls

Lost Password? Register

 

 


Bookmark and Share