Editorial/redaksioneel
Editorial / Redaksioneel
Mooiweer - Fred Calitz | Mooiweer - Fred Calitz |
|
|
|
Koel in SA, storms woed voort in noorde
Dis steeds winter maar die tye tussen koue fronte lewer darem sonskynweer op. Intussen heers die aardverwarmings-debat steeds. Die afgelope Junie was blykbaar die warmste Junie vandat rekordhouding in 1880 begin is, met die vorige drie maande ook die warmste vir elkeen van dié maande. Die eerste ses maande van die jaar het saam die hoogste see- en landtemperature wêreldwyd gelewer en die Noordpoolysdek het teen 1 Julie tot naby die minimum (in 2007 gemeet) gekrimp. Weerkundiges is versigtig om hierdie tekens as onteenseglike bewyse vir aardverwarming te beskou, aangesien verskeie aardprosesse se invloed oor eeue strek en nie net 'n paar jaar nie. Die onlangse warm maande kan egter aan periodiese globale temperatuursverskynsels soos El Niño toegeskryf word en is nog nie 'n aanduiding van 'n volgehoue verwarming nie. Die beste uitdrukking hiervan is om getyveranderinge deur die dophou van 'n paar branders op die strand te probeer verklaar. Maar daar is egter tekens dat 'n verandering aan die gebeur is. Die groot nuus op die wêreldweerfront is die siklone wat tans die Verre Ooste en die Amerikas teister. Tropiese storm Bonnie, die tweede grootste storm van die oos Atlantiese Oseaan-seisoen, het die laaste dag of wat naby die Bahamas oor die Atlantiese Oseaan gevorm en is na Florida en Golf van Meksiko toe op pad waar opruimingswerk aan die Deep Horizon-olielek tydelik opgeskort is. Daar word tans verwag dat Bonnie dalk vroeg in die week die kus van Louisiana as 'n tropiese storm kan tref maar die jongste inligting is egter te skraps om meer akkurate voorspellings te maak. Die Filippyne, Viëtnam en Sjina het egter baie erger daarvan afgekom toe tifone Conson en Chantu die streek getref het. Conson het die Filippynse hoofstad Manilla met wilde wind en swaar reën getref, waar tot 111 mense weens die storm dood is. Conson is direk daarna deur Chantu opgevolg maar alhoewel twee mense deur vlieënde wrakstukke tydens Conson gedood is, het laasgenoemde nie lewensverlies tot gevolg gehad nie. Sjina loop tans onder ernstige oorstromings vanweë die swaar reënval deur, met tot twee miljoen mense wat voor die vloedwaters moes vlug. Selfs die magtige Three Gorges-dam is oorvol en moes sluise oopmaak om die wal te beskerm. Stuur gerus vrae of kommentaar aangaande hierdie rubriek aan This e-mail address is being protected from spam bots, you need JavaScript enabled to view it . Met dank aan SAWS, SAWDIS en Storm Chasing South Africa.
Only registered users can write comments!
Powered by !JoomlaComment 3.26
3.26 Copyright (C) 2008 Compojoom.com / Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved." |
||||||
| < Prev | Next > |
|---|