News
Community / Gemeenskapsnuus
Rugbykolos dra dié sport se belange op die hart | Rugbykolos dra dié sport se belange op die hart |
|
|
|
|
Plaaslike sakeman en oud-hoof van Laerskool Ivypark, Johan Potgieter spog met ‘n uitsonderlike en geskiedkundige rugbyprestasie wat hy in 1975 behaal het. Die naam van die Oribis-span verwys na die klein boksoort, oribi, wat in KwaZulu-Natal voorkom. Die naam Oribis en die embleem wat uit ‘n springbokkop en ‘n rugbybal bestaan, is sedertdien nog nooit weer vir enige Suid-Afrikaanse rugbyspan gebruik nie. Die span het hul derde reünie van 8 tot 11 Julie op die Kalahari dorpie Kathu in die Noord-Kaap gehou. Die span beplan om elke tweede jaar ‘n reünie te hou. Die toerspan het teen nasionale en gekombineerde spanne van Chili, Paraguay en Uruguay gespeel. Die Suid-Afrikaanse toerspan het al hulle wedstryde met redelike gemak gewen. Na hulle suksesvolle toer is altesaam nege Springbokspelers uit die span gekies: Shaun Povey, Schalk Burger, Rob Louw en Divan Serfontein van die WP, Theuns Stofberg, De Wet Ras, Dirk Froneman, Edrich Krantz en Gysie Pienaar van die Vrystaat. Johan se betrokkenheid by Suid-Afrikaanse rugby het nie na hierdie toer gestop nie. Hy het in sy rugbyloopbaan vyf provinsies as speler en afrigter verteenwoordig. Johan het vir die destydse Oos-Transvaal, Suid-Oos-Transvaal, Noord-Transvaal en Transvaal gespeel. By Noord-Transvaal en Transvaal het hy vir die o/20-spanne gespeel. Hy was in die laat sewentigerjare in Transvaal se senior span wat in die Curriebeker kampioenskap gespeel het. Hier in Limpopo was hy by die afrigting van die voormalige Verre-Noord laerskole 15-tal en senior amateur-rugbyspan betrokke. Johan was voorheen die president van die voormalige Verre-Noord Laerskole Rugbyvereniging. Bulletjierugby is een van sy breinkinders en Johan is een van die mense wat ontwikkelingsklinieke by laer- en hoërskole en die Universiteit van Limpopo onder swart gemeenskappe gevestig het. Roelof de Jonge
Only registered users can write comments!
Powered by !JoomlaComment 3.26
3.26 Copyright (C) 2008 Compojoom.com / Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved." |
||||||
| < Prev | Next > |
|---|