• Narrow screen resolution
  • Wide screen resolution
  • Auto width resolution
  • Increase font size
  • Decrease font size
  • Default font size
  • default color
  • red color
  • green color

Limpopo Informant

Friday
Sep 10th
Home arrow News arrow Community / Gemeenskapsnuus arrow Finaliste gee kinders ‘n partytjie wat hulle nog lank sal onthou
Finaliste gee kinders ‘n partytjie wat hulle nog lank sal onthou PDF Print E-mail

Image
Rachelle Niewoudt en Johan Smit is die Tritons se finaliste vir mnr. en mej. Heuwelkruin. Hulle het verlede Saterdag ‘n verjaarsdagpartytjie vir Hoop vir Kinders gehou.
 

Die gedreun van vuvuzelas, ballonne en ’n springkasteel beteken net een ding; hier word partytjie gehou.
Johan Smit en Rachelle Niewoudt, die Tritonspan se finaliste vir mnr. en mej. Heuwelkruin, het verlede Saterdag ‘n verjaarsdagpartytjie vir die kinders wat by die Hoop vir Kinders tehuis bly, gehou.


Die partytjie is een van die finaliste se gemeenskapsprojekte in die aanloop tot die kroning van mnr. en mej. Heuwelkruin later vanjaar.
Met behulp van geldelike bydraes van die Kruinie-ouers is die kinders op ‘n verskeidenheid lekkernye getrakteer en elkeen het ‘n geskenk ontvang.
Die maatskaplike werker by Hoop vir Kinders, me. Christa van der Linde het na afloop van die partytjie gesê daar is ‘n groot behoefte aan geskikte pleegouers vir plaaslike kinders.  Van der Linde het verduidelik pleegouers het al die verantwoordelikhede om die pleegkind groot te maak maar die biologiese ouers het steeds die finale regte oor die kind.
Die Suid-Afrikaanse Vroue Federasie hou op 30 Augustus ‘n pleegoueropleidingskursus om ouerpare meer in te lig oor pleegsorg.
Skakel me. Sonja White by (015) 295 3369 vir meer inligting oor die kursus.
Skakel Van der Linde by (015) 291 1577 vir meer inligting oor pleegsorg.

Marina Labuschagne

Comments
Search
Only registered users can write comments!

3.26 Copyright (C) 2008 Compojoom.com / Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

 
< Prev   Next >

Polls

Lost Password? Register

 

 


Bookmark and Share