• Narrow screen resolution
  • Wide screen resolution
  • Auto width resolution
  • Increase font size
  • Decrease font size
  • Default font size
  • default color
  • red color
  • green color

Limpopo Informant

Friday
Sep 10th
Home arrow Top Stories/Hoofstories arrow Top Stories / Hoofstories arrow Gr. 12’s: Operasie Voortreflike Onderwys van stapel gestuur
Gr. 12’s: Operasie Voortreflike Onderwys van stapel gestuur PDF Print E-mail

Image
Vat vyf. Mnr. Benny Boshielo (hoof van die departement van onderwys) skud blad met mnr. Jacques Nell (Xerox Datamaster, hoof uitvoerende beampte) na die bekendstelling van Operasie Voortreflike Onderwys Donderdag in Polokwane. Saam met hulle is mnre. Hannes Cilliers (Noordelike Media Groep, algemende bestuurder) en Willie Schoeman (Hoërskool Pietersburg, hoof).
 

"Kinders moet onderrig word om hulle voor te berei om sosiaal en ekonomies suksesvol te wees. As mense nie behoorlike onderwys ontvang nie, gaan die persentasie werkloses groei, wat tot ‘n sekuriteitsrisiko en meer sosiale probleme gaan lei."


Met hierdie woorde het die hoof van die departement van onderwys in Limpopo, mnr. Benny Boshielo Operasie Voortreflike Onderwys Donderdag in Polokwane geloods.
Boshielo sê die projek wat in samewerking met die Noordelike Media Groep en Xerox Datamaster plaasvind, is daarop gemik om gr. 12-leerders voor te berei vir die komende eindeksamen en op hierdie manier die departement se doelwit van ‘n 60% slaagsyfer vir gr. 12’s aan die einde van die jaar te bereik.
Boshielo sê daar is onderwysers in die provinsie wat toegewyd is aan onderwys en bereid is om meer ure in te sit om leerders te onderrig. Hy sê die departement werk hard om onderwysers so ver te kry om kwaliteit onderwys aan leerders te lewer en dit sal daartoe bydra dat die projek sy doelwit bereik.
Xerox Datamaster is een van die provinsie se besighede wat by die projek betrokke is. Die hoof uitvoerende beampte van Xerox Datamaster, mnr. Jacques Nell sê: "Dit is ‘n groot plesier vir ons, die besigheidsmense van Limpopo, om aan te kondig dat ons nie net 67 minute aan Madiba se verjaarsdag gaan wy nie maar 95 dae, die duur van Operasie Voortreflike Onderwys".
Hoe werk Operasie Voortreflike Onderwys?
Volgens Nell gaan eksamenvraestelle gebaseer op die  voltooide sillabus elke week in die Noordelike Media Groep se koerante gepubliseer word. Dit gaan leerders die kans gee om hersieningsvraestelle te skryf en die volgende week verskyn die memorandum. Die uitslae sal na die departement van onderwys gestuur word om probleemareas voor die eindeksamen in Oktober te identifiseer.
Nell het prof. Molefe Ralenala, die algemene bestuurder van kurrikulum by die departement; mnr. Willie Schoeman, hoof van Hoërskool Pietersburg en Boshielo bedank vir hul ondersteuning van die projek.
Hy het ook Ark Printers, Morgan’s Copy Shop en Xerox Datamaster vir die borg van die projek bedank.
Nell het leerders en besighede aangemoedig om aan die projek deel te neem en op die langtermyn die voordele te smaak van ‘n gestimuleerde ekonomie, lewering van goeie studente aan die werkersmark en gelukkige ouers.
Noordelike Media Groep se algemene bestuurder, mnr. Hannes Cilliers sê Operasie Voortreflike Onderwys is deel van die maatskappy se korporatiewe sosiale beleggingsbeleid. Hy sê 45 000 bylae wat die eksamenvraestelle bevat gaan deur middel van agt publikasies regoor Limpopo versprei word.
Hy sê die tydsberekening vir die publikasie van die eksamenvraestelle is beplan om gr. 12-leerders te help om vir die rekord- en eindseksamen voor te berei.
Cilliers sê Limpopo se skoolhoofde moet die verantwoordelikheid op hulle neem om te verseker dat leerders die bylaag gebruik en vrye toegang tot dit het om die beste moontlike resultate met die inisiatief te verkry.
Eksamenvraestelle en memorandums vir nege gr. 12 vakke sal verskyn: Engels eerste addisionele taal, aardrykskunde, fisiese wetenskappe, lewenswetenskappe, wiskunde, wiskundige geletterdheid, landbouwetenskappe, rekeningkunde en ekonomie.

Roelof de Jonge

Comments
Search
Only registered users can write comments!

3.26 Copyright (C) 2008 Compojoom.com / Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

 
< Prev   Next >

Polls

Lost Password? Register

 

 


Bookmark and Share