• Narrow screen resolution
  • Wide screen resolution
  • Auto width resolution
  • Increase font size
  • Decrease font size
  • Default font size
  • default color
  • red color
  • green color

Limpopo Informant

Wednesday
Sep 08th
Home arrow Headline News Front Page arrow DU PREEZ SE DOOD IN RAAISELS GEHUL
DU PREEZ SE DOOD IN RAAISELS GEHUL PDF Print E-mail

Image
Bekende rekenmeester, wyle mnr. Francois du Preez.
 

Die selfmoord van die bekende rekenmeester, mnr. Francois du Preez, het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Volgens sy prokureur mnr. Corrie Nel het Du Preez, alom bekend as 'n skrander rekenmeester, sakeman, familieman en vriend waarop enigiemand kon staatmaak, sy eie lewe geneem.
Nel het aan die Informant gesê Du Preez se huishulp me. Melda Molepo het Donderdag omstreeks 09:30 ‘n skoot hoor afgaan. Die oorledene was op daardie stadium in sy motorhuis. Molepo het ondersoek ingestel en op Du Preez se lyk afgekom. Daar was ‘n koeëlwond aan sy kop.

Image
'n Polisieman praat met die hekwag van die sekuriteitskompleks Bendor Village waar mnr. Francois du Preez Donderdag dood in sy motorhuis aangetref is. Die staat se forensiese dienste was ook op die toneel.


Polokwane polisiewoordvoerder kapt. Mohlaka Mashiane het die voorval bevestig en gesê Du Preez is op die toneel dood verklaar en geen misdaad word vermoed nie.
Volgens Nel sou Du Preez Donderdagoggend 'n vergadering saam met hom bywoon, maar hy het nie daarvoor opgedaag nie.
Nel het gesê dit wil voorkom of Du Preez die oggend van sy kantoor af direk huis toe is. Nel is van mening die volle redes van sy dood sal seker mettertyd aan die lig kom.
Hy het gesê dit wil voorkom of  'n verskeidenheid van probleme, hoofsaaklik finansieel, net vir hom te veel geword het om te hanteer. Du Preez se verhouding met sy voormalige vrou, me. Marietha du Preez, van wie hy sowat 10 jaar gelede geskei is, was besonder goed. Hulle was groot vriende. Hy het ook 'n baie hegte verhouding met sy kinders Francois, Sandra (van Niekerk) en Gerhard gehad.
"Francois was baie lief vir sy kinders en hy het nie 'n geleentheid laat verbygaan om sy trots oor hulle uit te spreek nie," het Nel gesê.
Nel het  gesê Du Preez het suksesvolle stappe ingestel vir die sekwestrasie van mnr. Dirk Redelinghuys by wie se maatskappy hy en verskeie ander sakemense sowat agt jaar gelede groot bedrae geld belê en verloor het.
Volgens Nel het die sekwestrasie daartoe gelei dat Redelinghuys se bates, waaronder eiendom in Namibië, verkoop kan word om skuldeisers te betaal.
Nel sê Du Preez was self een van die grootste beleggers en benewens sy eie gevoelige finansiële verlies, het die verliese wat die ander beleggers gely het, swaar op hom gerus, al was hy nie daarvoor verantwoordelik of aanspreeklik nie. Die feit dat 'n aantal van sy vriende hieroor teen hom gedraai het, was iets wat hom baie diep geraak het. "Hoewel hy vir 'n geruime tyd neerslagtig was oor die groot verlies wat hy en  van sy kliënte gely het, het dit tog onlangs vir sy vrou en vriende voorgekom of hy die verliese en trauma oorkom het en gereed was om met sy lewe aan te gaan. Francois se vriende, waarvan die meeste jarelange vriende was, sal hom onthou as 'n joviale mens en lojale vriend met 'n skerp, droë humorsin. Hy het die vermoë gehad om maklik met mense om te gaan, maar het tog ware vriende versigtig gekies," het Nel Du Preez beskryf.
Hy het bygevoeg Du Preez was 'n besonder rustige, goedhartige en vrygewige mens wat ander, dikwels tot sy eie nadeel, sonder huiwering gehelp het. Du Preez se gedenkdiens vind vandag (Dinsdag) om 11:00 vanuit die NG Gemeente Pietersburg-Noord plaas.

Mardien Boneschans

Comments
Search
Only registered users can write comments!

3.26 Copyright (C) 2008 Compojoom.com / Copyright (C) 2007 Alain Georgette / Copyright (C) 2006 Frantisek Hliva. All rights reserved."

 
< Prev   Next >

Polls

Lost Password? Register

 

 


Bookmark and Share