Skok in rugbykringe
POLOKWANE - Rugbykringe in die stad is in skok gedompel na die skielike afsterwe van Henso Coetzee (51) vroeg Vrydagoggend.
Coetzee was die voorsitter van die Blou Bulle se Vhembe Sub-unie die afgelope vier jaar en ’n bestuurslid by Noordelike Rugbyklub.
Hy is aan ‘n hartaanval dood.
Johan van Ravesteyn, vise-president, organisering by die Limpopo Blou Bulle Unie en vriend van Coetzee, sê die toekoms sonder hom gaan "onbeskryfbaar" moeilik wees.
"As iets by Noordelikes moes gebeur, was Henso die organiseerder. Hy was ‘n man van aksie vir wie niks te veel moeite was nie.
"Hy was ‘n positiewe mens, ‘n great gesinsmens en iemand wat ‘n voorbeeld gestel het," het Van Ravesteyn gesê.