Skietery: dr. pleit om lewe
POLOKWANE - Dr. Tim Scholtz, ‘n bekende en geliefde geneesheer in die stad, is Saterdagoggend deur drie gewapende mans by sy huis in Rabestraat oorval.
Sy vrou Lynette, het skuins na 07:00 gevra dat hy gaan ondersoek instel nadat hul hond onophoudelik geblaf het by ‘n buitegebou, wat as kantoor dien.
Hy het sy vuurwapen gaan haal as ‘n veiligheidsmaatreël.
Terwyl hy op pad uit die veiligheidshek oopgesluit het, het een rower op hom geskiet.
Die ander mans was in hierdie stadium reeds in die kantoor.